Local newsNewsNews

Immelman-saak sloer omdat prokureur glo met vakansie is

VEREENIGING. – Vonnisoplegging van drie sindikaatlede wat in 2011 by ’n rooftog in Drie Riviere betrokke was waartydens die Vaaldriehoekse sakeman, dr. Gary Immelman, talle kere geskiet is, kon Maandag, 7 September vir die soveelste keer nie voortgaan nie.

Die rede vir die nuutste uitstel tot 7 Oktober is omdat Renier Spies, die regsverteenwoordiger van verdagte nommer vier, Nzamo Sizwe Nsimande (42), glo onder die wanindruk verkeer het dat die hofdatum wat vasgemaak is, ’n voorlopige hofdatum was. Jaco van Heerden, die prokureur vir beskuldigde nommer 1, Lucky Mabaso (40), het aan landdros Chris Kruger gesê dat hy uitdruklik aan Spies gekommunikeer het dat die vonnisoplegging op 7 September sou voortgaan.

Die veroordeeldes Lucky Mabaso (40), Titus Mongemontsho (50) en Nzamo Sizwe Nsimande (42) was deel van die sindikaat wat op Maandag 25 Julie 2011 die rooftog by Immelman en sy vrou Lorna se huis in Drie Riviere uitgevoer het.Foto: Christiaan Cloete

Toe hy vir Spies bel om navraag te doen, het dié hom meegdeel dat hy by die see vakansie hou en nie die hofverskyning sou kon bywoon nie. Volgens Van Heerden het Spies hom meegedeel dat hy persoonlik vir landdros Kruger vir die misverstand om verskoning sou vra. Daar sou Dinsdag, 8 September besluit word vir die datum van die vonnisoplegging. Die saak is gevolglik weer uitgestel. Die veroordeeldes, Lucky Mabaso, Titus Mongemontsho en Nzamo Sizwe Nsimande was deel van die sindikaat wat Maandag, 25 Julie 2011 die rooftog by Immelman en sy vrou Lorna se huis in Drie Riviere uitgevoer het. Hulle is reeds skuldig bevind op talle aanklagte, waaronder ontvoering, roof met verswarende omstandighede, huisbraak, roof en poging tot moord. Een van die beskuldigdes is ook skuldig bevind op ’n aanklag van roekelose en nalatige bestuur wat spruit uit die vlugtog ná die rooftog nege jaar gelede. Paul Leisher tree namens beskuldigde 2, Titus Mongemontsho (50) op.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button