Local newsNews

President Ramaphosa praat vanaand (Woensdag 16 September)

Gaan na verwagting Vlak 1 van die Inperking aankondig

President Cyril Ramaphosa gaan die land vanaand om 19:00 inlig oor die jongste verwikkelinge oor die Covid-19 inperking en pandemie.

Die toespraak sal regstreeks op die onderskeie SAUK kanale en radio uitgesaai word.
Suid-Afrika is die afgelope maand op Vlak Twee van die inperking. Daar word wyd bespiegel dat Ramaphosa sal aankondig dat ons binne ‘n paar dae na Vlak Een gaan beweeg.

Dit beteken dat die meeste aktwititeite hervat sal kan word en dat mense vrylik sal kan rondbeweeg. Internasionale reise sal ook waarskynlik hervat kan word. ‘n Spesiale kabinetsvergadering vind vandag plaas waar die bestuur van die Covid-19 situasie in fyner detail bespreek gaan word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button