Local newsNewsNews

Chaos by renbaan toe perde aangeval word

Net wanneer jy dink die mensdom kan nie 'n nuwe laagtepunt bereik nie, dan gebeur daar opnuut iets wat jou asem wegslaan. Chaos het vandag by die Fairview Renbaan in Port  Elizabeth uitgebreek toe ongelukkige werkers een van die perde dood gemaak en ander in so 'n mate beseer het dat hulle in elk geval uitgesit moes word.

 

Die werkers was glo afgedank omdat hulle in ‘n ander voorval ‘n  perd met ‘n mes gesteek het. Hulle was ongelukkig oor hul afdanking en het besluit om hul ongelukkigheid te wys deur dit op die perde uit te haal. Hulle het ook glo die vroulike afrigter gedreig toe sy probeer intree het.

Die stal wat baie perde huisves en deur die internasionale wedrensindikaat, die International Racing Club besit word, verwag dat daar streng deur Phumelea teen die oortreders opgetree sal word. Dié internasionale stal het reeds meer as R20 miljoen in die sport in Suid-Afrika bestee. “Iets sal gedoen moet word om hierdie ongelooflike geweld en mishandeling teen die diere stop te sit,” het die International Racing Club se woordvoerder, Michael de Haast in ‘n mediaverklaring gesê. Die groep mans wat vir die gruwelike daad verantwoordelik is, het glo steeds op die Phumelea-gronde gebly al was hul reeds afgedank vir hul vorige oortreding (toe hulle die perd met ‘n mes gesteek het).
 

As daar na die groter prentjie gekyk word, kan hierdie voorval veroorsaak dat internasionale beleggers in die sport uit Suid-Afrika onttrek. “As daar teen onvanpas advertensies opgetree kan word, behoort daar nog ernstiger opgetree te word teenoor hierdie soort wreedheid,” het De Haast afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button