Local newsNewsNews

Geen tekort aan kunstige foto’s

Aan kunstige fotografie is daar vandag geen tekort op die blad nie. Die fotograwe het soos gewoonlik 'n wonderlike oes opgelewer.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 16de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (16 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto geneem.
Danie Nel van Parys het onlangs die mooi foto van die olifant kalf geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto met sy selfoon geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige silhouette foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffrey’s het die kunstige sonsondergang foto geneem. Sy is die jongste fotograaf wat tot dusver ‘n foto op die blad gedeel het.
Greetje Eigenhuis van Queensland Australië het die mooi landskap foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuur foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto van die dames en hulle mooi kuite geneem.
Die 17-jarige JC van der Walt van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi brug onlangs tydens ‘n dagbesoek aan Spanje afgeneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi monochroom foto in Deneysville geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto onlangs in die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die besondere sonsondergang foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuur foto met ryk kleure geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button