Ontvoerders almal skuldig, gevonnis
PALM RIDGE. – Al vier van die volwassenes wat in September verlede jaar by die ontvoering van ’n sesjarige meisie van Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark betrokke was, het Donderdag in die hooggeregshof skuldig gepleit op die aanklagte teen hulle en is tot tronkstraf gevonnis. Die klagtes sluit in die ontvoering van die sesjarige meisie en …
PALM RIDGE. – Al vier van die volwassenes wat in September verlede jaar by die ontvoering van ’n sesjarige meisie van Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark betrokke was, het Donderdag in die hooggeregshof skuldig gepleit op die aanklagte teen hulle en is tot tronkstraf gevonnis.
Die klagtes sluit in die ontvoering van die sesjarige meisie en die poging om haar pa af te pers om R2 000 000 vir haar vrylating te betaal.
Tharina Human (27), vermeende meesterbrein agter die ontvoering, sal die langste van almal agter tralies sit. Sy is effektiewelik tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
Laetitia Nel (41), wat tot dusvêr die vryheid van borgtog geniet het, sal ook tronk toe moet gaan aangesien sy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.
Piet van Zyl (51), wat onlangs gekla het oor die kos wat hy in die tronk kry, sal homself moet staal vir agt jaar agter tralies, terwyl sy handlanger, Bofokeng Molemohi (24) tot sewe jaar tronkstraf effektiewelik gevonnis is.
Die staatsaanklaer, adv. Salome Scheepers, het ter strafverswaring gesê dat die ontvoering die sielkundige ontwikkeling van die sesjarige meisie beïnvloed het.
Die hof moes ook hoor dat sy nagmerries kry en haar bed natmaak.
Die ontvoering het glo tot gevolg gehad dat pa die ma verdink het dat sy deel van die ontvoering was. Die ouers is uiteindelik in Maartmaand geskei.
Al vier veroordeeldes het dit egter in die hof laat blyk dat niemand anders by die ontvoering betrokke was nie.
Al vier die ontvoerders het in hul pleitverduidelikings te kenne gegee dat hulle geld nodig gehad het om die benarde finansiële situasie wat hulle ervaar het te verlig.
Nie een van die veroordeeldes het enige vorige veroordelings teen hulle gehad nie.
EDITORIAL NOTE: An original version of this story stated that the “kidnapping eventually led to the dissolution of the marriage of her parents since the father suspects the mother of somehow being involved in the kidnapping”. We have amended the story to reflect that this was strongly denied by legal representatives of the father. We wish to apologise for any confusion this may have occasioned.




