Local newsNewsNews
Kyk video: Pasiënt kry ‘beste medisyne’ na amper maand in hospitaal
VEREENIGING. - Na 25 dae in die intensiewe sorgeenheid waar hy om sy lewe moes veg, het 'n pasiënt van die Midvaal Privaat Hospitaal gistermiddag 'n welkome verrassing gehad to daar spesiale moeite deur die personeel gedoen is sodat hy sy geliefde klein Zodia (Jack Russel-hondjie) in sy arms kon vashou.
Sakkie de Jager, ‘n jare lange inwoner van Vanderbijlpark wat nou in Meyerton woonagtig is, moes onlangs ‘n operasie ondergaan, maar daar het ongelukkig komplikasies ingetree. Hy moes daarna nog twee oprasies ondergaan en is reeds die afgelope 25 dae in die intensiewe sorgeeheid van die Midvaal Privaat Hospitaal in Drie Riviere, Vereeniging. Gistermiddag het die Midvaal-personeel dit goed gedink dat Sakkie (wat baie lief vir sy klein viervoet-kind is) ‘n spesiale besoek ontvang. Die personeel het met Sakkie se vrou, Malinda, gereël en toe het die gelukkige oomblik aangebreek. Die besoek was beslis ‘n hoogtepunt vir Sakkie, Malinda, Zodia én die Midvaal-personeel. Die video vertel alles!


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
