Antoinette Smit van Meyerton het die vrolike natuurfoto geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 16de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (16 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto geneem.Danie Nel van Parys het die mooi foto geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto met sy selfoon geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige modelfoto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffrey’s het die mooi foto geneem. Sy is die jongste fotograaf wat tot dusver ‘n foto op die blad gedeel het.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark maak almal lus vir ‘n see-vakansie met die mooi foto wat sy geneem het.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtie foto in Niewoudtsville geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die pragtige weerkaatsing by Tuin van Eden in Heidelberg geneem.June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige straatfoto in hul nuwe woonbuurt geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n dag besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark en lid van die Vanderbijlpark Fotografieklub het die foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die pragtige foto by die Suidkus geneem.Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi natuurfoto tydens ‘n vakansie in Zanzibar geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za