Local newsNewsNews

Geniet ‘uitstappie’ saam met fotograwe

Geniet 'n foto-uitstappie saam met die fotograwe en vergeet vir 'n wyle van al die negatiewe dinge in die lewe.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 17de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (23 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens ‘n uitstappie geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die skilderagtige foto van die kosmosse geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi foto van die vlinders tydens ‘n vakansie in Zanzibar geneem.
Die 17-jarige Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi monochroom foto van duiwe geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto geneem.
Danie Nel van Parys het die mooi foto onlangs tydens ‘n lekker wegbreek geneem.
Chris Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffrey’s het die kunstige natuurfoto geneem. Sy is die jongste fotograaf wat tot dusver ‘n foto op die blad gedeel het.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die swaeltjies by Marievale geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die besondere foto met sy selfoon geneem.
As sy ons nie lus maak vir vakansie nie, dan maak sy ons honger! Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige landskapfoto geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n dag besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtie natuurfoto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button