Trotse ouma Joyce Steenberg van Krugersdorp het vandag vir die eerste keer 'n oulike foto van haar kleinseun op die blad gedeel. Twee van die gereelde fotograwe (Johan Froneman van Vanderbijlpark en Adriaan de Waal (15) van Belfast) was vir 'n wyle stil, maar deel weer vandag van hul mooi foto's - welkom terug.
Die 15-jarige Adriaan De Waal van Belfast het die makrofoto geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 17de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (23 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi landskapfoto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die treffende kunsfoto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die sagte natuurfoto geneem.“Dis lekker as dit reën”- Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die dierbare foto by ATKV Natalia geneem.Danie Nel van Parys het die mooi foto onlangs tydens ‘n lekker wegbreek geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige silhouette foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffrey’s het die kunstige foto geneem. Sy is die jongste fotograaf wat tot dusver ‘n foto op die blad gedeel het.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi monochroom foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.June Bartlett van George het die pragtige foto geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Joyce Steenberg van Krugersdorp het die skattige foto van haar kleinseun Ruan Botes by die Dube Vakansie Oord geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n dag besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die oulike foto van haar liewe Lulu geneem.Mattithyah van der Merwe het die mooi foto uit die Kaap met ons gedeel.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens ‘n uitstappie geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto in die Kruger Wildtuin geneem.Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi foto van die vlinders tydens ‘n vakansie in Zanzibar geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za