Local newsNewsNews

Met ‘n bietjie humor en deernis

VANDERBIJLPARK. – 2020 was en is seker vir baie mense die moeilikste jaar ooit. ‘n Jaar van inperkings, van siek wees, van afskeid, van vele drome wat nie verwesenlik is nie.

Ten spyte van al die seer en swaarkry, voel Nadine Herbst van Vanderbijlpark dat ons nie moet moed verloor nie.
In ‘n brief aan Vaalweekblad skryf sy: “Dit was een kort slapie toe word ons almal wakker met die nuwe normaal, baie min van ons ken die lewe, so hoe moes ons die dinge van “lockdown” ken. Gelukkig is dankbaarheid die geheue van die hart, en herinneringe gestolde tyd.
Een manier wat ek en my gesin die meeste uit die” lockdown” gekry het was om die nuwe normaal as ‘n avontuur te beskou, want ons het vining besef dat solank ons mekaar het, kan ons die onmoontlike glo.
Joost van der Westhuizen het gese: “If you have a Y in your life, you will always find a HOW”.
Geen oorwinning kom teen ‘n afslagprys nie, so ons het besluit om ons credo uit te leef, daar te wees, nie net vir mekaar nie, maar ook vir ander. Ons het besef dat die nuwe normaal nie ‘n reis is nie, maar ‘n bestemming. En hoe meer ons mekaar se hande vat en mekaar dra, hoe meer
sal ons deur klein oorwinnings elke dag die nuwe normaal ore aansit. Niemand kan onsterflike dinge doodmaak nie, soos deur iewers iets vir iemand te doen. ‘n Glimlag kan iemand se dag verander, om ‘n grappie te vertel is harmonie vir die siel en die grootste seën vir die mensdom. Humor is ook op die einde van die dag ‘n kalmeermiddel sonder newe effekte. Die vermoë om te lag is in die hart en nie in die brein nie, humor is die enigste muur tussen ons en die “lockdown”.
So kom ons almal gaan uit en maak ‘n verskil, al hardloop ons stadig, hardloop ons vorentoe met ons oë gerig op die wenpaal. As ons hande vat kan ons die berg skuif deur klein klippies weg te dra elke dag. Wees die ouer, vriend, kameraad, onderwyser en kind wat ingryp terwyl dit voel of die res van die wêreld inmekaar val. In moeilike tye is daar baie geleenthede wat ons kan aangryp, maar dis nie noodwendig duidelik gemerk nie.”
Nadine glo dat mens met die regte ingesteldheid enige iets kan oorbrug.
Sy self kyk elke uitdaging in die oë en laat haar deur niks onderkry nie.
Haar borrelende lewenslus werk positief op almal rondom haar in. Sy glo dat mens met ‘n positiewe gesindheid, deernis en humor saam selfs van ‘n deurmekaar, onderstebo jaar, soos 2020, ‘n sukses kan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button