Local newsNewsNews

AfriForum skenk 4,5 ton teer

VEREENIGING. - Die plaaslike AfriForum-tak het verlede week 4,5 ton teer geskenk om slaggate in die stad te herstel.

Op 10 September is 2,5 ton teer aan DRC Electrical & Maintenance geskenk om slaggate in Langrandweg en Reynoldsstraat te vul.

Die tak het ook op 14 September 2 ton teer aan Eurika Cantall, sekretaresse van Sonra, wat die teerprojek gekoördineer het, geskenk.
Dié teer is gebruik om die padoppervlak in Leeuwkuillaan te herstel nadat die munisipaliteit sowat twee maande gelede ’n waterpyp herstel het, maar nooit die padoppervlak nie.

“Die Vereeniging-tak wil graag ’n beter omgewing vir almal skep en ’n verskil in die gemeenskap maak.

Die tak sal voortgaan om selfdoenprojekte aan te pak om die beeld van die stad te verbeter. As ons as ’n gemeenskap saamstaan en saamwerk om probleme uit die weg te ruim, kan ons nog baie sukses behaal,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button