Ses nuwe fotograwe deel foto’s
Vandag deel ses nuwe fotograwe (waarvan die jongste maar 10 jaar oud is) vir die eerste keer foto's op die fotoblad. Die nuwe fotograwe is: Edwin Haasbroek van Anchor Ranch tussen Parys en Potchefstroom; Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark; Read Hartman van Pretoria; Marika Blaauw van Jeffreysbaai; Jolene Booyens van Meyerton en die 10-jarige Melandri du Plessis van Vaalpark.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 17de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (23 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
























