Local newsNewsNews

Mooi foto’s vir lekker vakansiedag

Dis 'n lekker vakansiedag en terwyl die fotograwe van die geleentheid gebruik maak of foto's te neem, deel ons graag nog 'n puik versameling van hul kunstige werk.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 17de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (23 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Jo-lene Booyens van Meyerton het die pragtige foto geneem.
June Bartlett van George het die mooi natuurfoto geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs in die Cadí-Moixeró Nasionale Park geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die Ecopark geneem.
Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die pragtige foto met kunstige lyne geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi landskapfoto geneem.
Marika Blaauw Photography van Jeffreysbaai het die mooi monochroom foto geneem.
“Spitty”- Michelle Hart van Sasolburg het die oulike foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die renoster en haar kalf geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto tydens ‘n uitstappie in die buurt geneem.
Die 15-jarige Adriaan Dewaal van Belfast het die mooi makro oto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto onlangs by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n oggend uitstappie in die woonbuurt geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Danie Nel van Parys het die pragtige foto geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die pragtige foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom het die pragtige foto geneem.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai, een van die jongste lede wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button