Local newsNewsNews

Video: Blesbok in swembad betrap

Dit is lekker warm en die tyd het aangebreek dat mens lekker in en om die swembad kan ontspan ... en dit wil voorkom of ander spesies ook so dink.

Edwin Haasbroek van Anchor Ranch so tussen Parys en Potchefstroom, het die oulike video aan Vaalweekblad gestuur. Hy sê hy het op die blesbok afgekom wat besluit het om in die swembad af te koel en toe nie weer kon uitkom nie.

Edwin help toe maar die bok uit die swembad asof dit maar net nog ‘n alledaagse taak is, en “verduidelik” hom hoe om sy pad terug te kry na die res van die bokke.

Die was ook nie die eerste besoeker wat in die swembad gaan afkoel het nie. Edwin sê ‘n vorige keer het een van beeste ‘n “dip” gaan vat en self weer uitgeklim ook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button