Local newsNewsNewsBreaking News

Vrae nadat ‘Mbedjie’ (en kooi) spoorloos verdwyn

VEREENIGING. –Wat het geword van die man wat al jare lank op ‘n bed onder ’n advertensiebord op die hoek van Ou Johannesburg en die M61 bly? Dit is die vraag wat op sosiale media gevra word nadat die man glo spoorloos verdwyn het. Die bed is glo ook weg. Die man was so bekend …

VEREENIGING. –Wat het geword van die man wat al jare lank op ‘n bed onder ’n advertensiebord op die hoek van Ou Johannesburg en die M61 bly?

Dit is die vraag wat op sosiale media gevra word nadat die man glo spoorloos verdwyn het.

Die bed is glo ook weg.

Die man was so bekend dat hy onder inwoners van Arcon Park die bynaam ‘Mbedjie’ verwerf het.

Een stel gerugte wil dit hê dat hy raakgery is en homself in ICU bevind, terwyl ander meen dat hy na ‘n skuiling vir haweloses geneem is.

‘n Leser het onlangs geskryf: “Dagse lesers. Hoor gister daardie ‘verkeers moniterings beampte’ wat sy kantoor onder die bordjie het langs die verkeerslig is raak gery en tans in ICU. Die ou langs Arconpark se robot…wat jare al daar op sy matras ensovoorts plak.”

‘n Ander leser wou weet: “Does anyone know if the guy living at the corner of Kopanong hospital (at the robots) survived. I read he was in ICU.”

Indien jy weet wat van die man geword het kontak ons asseblief. Stuur ‘n e-pos aan Christiaan.Cloete@media24.com

 

Vrae word op sosiale media gevra nadat ‘Mbedjie’ en sy kooi spoorloos verdwyn het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button