HealthNews

Vaaldriehoek-student se mediese krisis vererger

Plaaslike besighede daag ander uit om ook by te dra vir Marlene se operasie

  VANDERBIJLPARK. – Marlene Taylor (23), die pragtige finalejaar onderwysstudent van die NWU (Vaal) wat sowat 3 maande gelede ernstig siek begin word het weens nierstene, is steeds in intense pyn weens die aftakelende siekte. Sy moet dringend ‘n operasie ten bedrae van sowat R95 000 kry maar die gesin het nie die fondse om dit in ‘n privaathospitaal te laat doen nie. Staatshospitale doen tans weens die Covid-inperking nie sulke prosedures nie – selfs al is dit ‘n uiterste noodgeval, dus kan Marlene tans nêrens hulp kry nie. Haar naam sal eers in November op ‘n waglys vir ‘n operasie kan kom.

Marlene Taylor voordat sy siek geword het.

Sy is nou absoluut afhanklilk van die publiek se ondersteuning sodat sy ‘n operasie in ‘n privaathospitaal kan kry om haar niere – en haar lewe – te behou. Marlene het tans ondraaglike pyn en voortdurende akute blaas-ontsteking wat haar lewe in ‘n nagmerrie verander het. Sy veg teen tyd, want met elke dag wat verbygaan, word haar mediese krisis erger.

* TDJ Computers in Vanderbijlpark het ‘n berig oor Marlene se toestand in Vaalweekblad gelees en het besluit om aktief betrokke te raak om haar te help. Hulle gaan R1000 skenk en daag alle ander sakeondernemings uit om ook donasies te maak. Daarby gaan TDJ Computers ook aan ‘n aantal sakeondernemings wat die hoogste bedrae skenk, drie maande se gratis digitale dienste lewer én ‘n gratis professionele video oor hul besighede laat vervaardig.

* Farm ‘n Sea Grillhouse het ook laat weet dat hulle ‘n spesiale insamelingsveldtog vir Marlene gaan loods deur vanaf 28 September tot 4 Oktober ‘n gedeelte van hul inkomste vir Marlene se beplande operasie te skenk.

Alle sakeondernemings wat by die uitdaging betrokke wil raak, kan TDJ Computers per e-pos kontak by lily@tdjcomputers.com Voornemende donateurs wat graag amptelike bewyse en doktersbriewe oor haar toestand verlang, kan 073 364 8937 skakel vir meer besonderhede.

Die Facebook-groep “Marlene’s Hope” het intussen ‘n skare-befondsingsprojek op BackaBuddy begin in die hoop dat genoeg geld binnekort ingesamel sal kan word om vir haar operasie te betaal. Besoek hierdie skakel as jy na ‘n video oor Marlene wil kyk of ‘n bydrae wil maak:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button