Jo-lene Booyens van Meyerton het die pragtige foto geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 18de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (30 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
June Bartlett van George het die pragtige foto geneem. June spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto van ‘n Rooivlerk Patrys die afgelope naweek by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.“Fairy Flower” – Michelle Hart van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die dierbare foto van die oulike langoor geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Ria Viljoen van Garsfontein het die foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto die afgelope naweek by die Langkawi Eiland geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige silhouette foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi “composite” foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai, een van die jongste lede wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi foto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die helderkleurige natuurfoto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi natuurfoto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Johan van der Westhuizen Vaalpark het die kunstige foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za