Local newsNewsNews

Talle kabelfoute laat inwoners (weer) vir dae lank sonder krag

VEREENIGING. - Inwoners van verskeie woongebiede in Vereeniging was weer vir dae sonder krag weens talle “kabelfoute”.

DA-raadslid Elize Aucamp, raadslid vir wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het laat weet dat Duncanville, Arcon Park, Unitaspark, Springcoll, Waldrift, Vandermerweskroon, Harmoniesrus en Redan deur die probleem geraak is. Aucamp het Vrydag, 18 September in ’n verklaring gesê dat die probleem vererger word deur die feit dat die ANC-beheerde Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nie oor ’n elektriese toetsingsapparaat beskik nie, en dus tans sukkel om die foute op kabels te vind wanneer foute ontstaan.

Inwoners het Ou Johannesburgweg versper en naby Checkers in Arcon Park betoog uit frustrasie oor gereelde kragonderbrekings wat dikwels dae lank duur. Foto: Verskaf

Dit veroorsaak dat die munisipaliteit weke aanmekaar blindelings na kabelfoute soek terwyl inwoners in die donker sit en daar gewag word om die foute te vind en te herstel. Volgens rdl. Aucamp plaas dit ook druk op die reeds sukkelende munisipaliteit omdat privaatkontrakteurs betaal moet word om hierdie dienste te lewer. Aucamp is van mening dat geld eerder spandeer kan word om slaggate reg te maak. Die groeiende frustrasie oor gereelde kragonderbrekings het veroorsaak dat inwoners Saterdag, 19 September die elektrisiëns wat betrek is om die kragtoevoer te probeer herstel gevloek, gedreig en met pepersproei gespuit het. ’n Groep inwoners het ook Sondagmiddag naby Checkers in Arcon Park oor die kragsituasie betoog. Teen Dinsdagoggend het werkers van die munisipaliteit steeds gespook om die kragtoevoer na die gebiede wat hierdeur geraak is, te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button