Local newsNewsNews

Wye verskeidenheid op foto-spyskaart

'n Wye verskeidenheid foto's word vandag deur die bekwame fotograwe opgedis.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 18de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (30 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Bennie Henning van Germiston het die mooi foto die afgelope naweek in Henley on Klip geneem tydens die South African Model Aircraft Association (SAMAA) se nasionale kompetisie.
June Bartlett van George het die pragtige foto van ‘n stokgoggatjie op die wasgoed pennetjies geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die treffende foto geneem toe die son begin sak het.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Danie Nel van Parys het die pragtige foto van die olifante geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Johan van der Westhuizen van Vaalpark het die kunstige foto geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die kunstige landskapfoto geneem.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai, een van die jongste lede wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
“En waar is myne?” – Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jo-lene Booyens van Meyerton het die pragtige landskapfoto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs in die Cadí-Moixeró Nasionale Park geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die besondere foto geneem.
Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto by Hartebeespoort geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto van ‘n Slanghalsarend die afgelope naweek by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die pragtige foto in Parys geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van ‘n spinnerak in die veld geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van die kapel by Drakensville geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button