Local newsNewsNews

10-jarige Jayden deel van sy foto’s

Die 10-jarige Jaden le Roux is 'n kranige fotograaf wat saam met sy ouers op 'n plaas naby Henley on Klip woon. Jayden is een van die bloedjong, maar baie talentvolle fotograwe op die blad en deel vandag vir die eerste keer een van sy foto's. Hy het self sy foto's ingestuur. Knap gedaan Jayden en baie welkom.

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 18de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (30 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Die 10-jarige Jaden le Roux van ‘n plaas naby Henley on Klip het die pragtige foto geneem. Hy is tans die jongste lid op die blad.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die oulike foto geneem.
Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi landskapfoto in Keimoes geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto die afgelope naweek by die Langkawi Eiland geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto van die murasie geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto die afgelope naweek in Henley on Klip geneem tydens die South African Model Aircraft Association (SAMAA) se nasionale kompetisie.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto van die oulike klein viervoetkind geneem.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai, een van die jongste lede wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi foto geneem.
Frikkie Stroh, bekende professionele fotograaf van Vereeniging, het die pragtige landskapfoto by Sheffield aan die KZN Noordkus geneem. Besoek gerus sy Facebookblad StrohPhotography.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
“Tiekie”- Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die dierbare foto van haar geliefde viervoetjie geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi natuurfoto sommer met haar selfoon geneem. June spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die treffende foto geneem toe die son begin sak het.
Jo-lene Booyens van Meyerton het die kunstige foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto onlangs in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button