Local newsNewsNews

Besonder kunstige foto-versameling

Vaalweekblad deel met trots vandag se besonder kunstige versameling. Knap gedaan fotograwe!

Elsje Vermeulen

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 18de fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (30 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto verlede naweek by die Langkawi Eiland geneem.
Die 10-jarige Jayden le Roux van ‘n plaas naby Henley on Klip het die pragtige foto geneem. Hy is tans die jongste lid op die blad.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonsondergang foto by Kyalami geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die besondere foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die kunstige foto geneem.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai, een van die jongste lede wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi foto geneem.
Frikkie Stroh, bekende professionele fotograaf van Vereeniging, het die pragtige landskapfoto by Sheffield aan die KZN Noordkus geneem. Besoek gerus sy Facebookblad StrohPhotography.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige foto van haar geliefde Tiekie geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die kunstige natuurfoto onlangs in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Perfekte tydsberekening! Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige sonsondergang foto geneem.
Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die kunstige landskapfoto geneem.
Elsje Vermeulen van die Vanderbijlpark het die foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Mattithyah van der Merwe het die pragtige foto uit ‘n winderige Kaapstad met ons gedeel.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die interessante monochroom foto tydens ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button