News
Geliefde pastoor Zet met motorfiets-erewag gegroet
Sy lewensviering sal vanuit die NG Kerk in Keiskamma straat om 10:00 plaasvind.
SASOLBURG – Die 60-jarige Zet Oosthiuzen, direkteur van die JCS Inpedendant School in Vaalpark, wat sy lewe tragies in ‘n gru-ongeluk op die R59 verloor het se lewensvieringsdiens vind Saterdag 24 Oktober plaas.
Oosthuizen en drie leerlinge van die skool het op 8 Oktober hulle lewens in ‘n kop-aan-kop botsing met swaarvoertuig verloor. Die skool hou vandag in Vaalpark ‘n gedenkdiens vir Zet en die drie leerlinge. Sy lewensviering sal vanuit die NG Kerk in Keiskamma straat om 10:00 plaasvind.
Die motorfietsryers gaan reeds om 09:15 by AVBOB in Vanderbijlpark saamkom en om 09:30 na die kerk vertrek sy familie en vriende hulle sal inwag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
