Business Web Office Park: So oorleef ons die inperking!
"Ons sien hoe werkgewers hulle knieë flenters bid vir hul maatskappye en werknemers"

Stonehaven-on-Vaal, in samewerking met Vaalweekblad en Ster, bied tans ‘n wedstryd vir Vaaldriehoekse sakeondernemings aan om te hoor watter planne hulle gemaak het om die Covid-19 inperking te hanteer, en hoe hulle sterker anderkant uitgekom het. Die wenner-onderneming gaan ‘n geskenkbewys van R10 000 ontvang wat vir ‘n jaareind-partytjie OF ‘n 2021 Wegspring-partytjie gebruik kan word! Hier is nog een van die inskrywings:
Business Web Office Park se mense vertel hoe hulle tot dusver die inperking oorleef het: Ons is getref met ‘n inbraak, ‘n week later kom die skok van ‘n landswye lockdown, almal laai hulle motors vol met rekenaars, drukkers, dokumente en skryfbehoeftes, huiskantore word opgestel en ons moet leer om sonder ons argiewe te funksioneer en slegs digitaal te werk. (Lees onder die foto verder)

Ons is ‘n hegte groep van 11 kollegas wat saam ‘n perseël deel waar twee rekenmeester firmas, ‘n prokureur en ‘n kort termyn versekering makelaar werk, al is ons kantore in Drie Riviere woon ons redelik ver uit mekaar tussen Vereeniging, Vanderbijlpark, Vaalpark en Sasolburg.
Op ‘n stadium begin dit voel soos ‘n liefdesverhouding of familie wat verbrokkel, omdat ons voel soos ‘n familie en ons mekaar elke dag sien, die goeie en slegte tye in mekaar se persoonlike lewe deel. Vir 178dae (5 maande) sien ons mekaar net op Zoom oproepe en Whats App video calls.
Een kollega se pa gaan vir ‘n dubbel hartomleiding in Alberton na ‘n hartaanval, nog ‘n kollega se ma gaan vir ‘n ernstige operasie, ‘n kollega se familie word getref met Covid en ons kan mekaar net deur selfoonkommunikasie ondersteun. Ons is ook groot op verjaarsdae vier op kantoor: tydens die vyf maande moes ons sewe verjaarsdae net met ‘n sms vier, vakansies en ‘n troue word gekanselleer. Jou eerste koppie koffie in die oggend by die huis proe nie soos wanneer jy hom vinnig by die werk tussen jou kollegas drink nie, jy begin soos ‘n kluisenaar voel in jou huis kantoor, want Niemand gesels met jou terwyl jy werk nie, niemand bak ‘n poets op jou nie en niemand steel jou lekkergoed uit jou lessenaar se laai nie.
Ons moes leer om digitaal rekord te hou van vordering, nuwe sisteme met kliënte in plek stel, met Km’s uit mekaar steeds soos ‘n goed geoliede masjien werk. Dit het ons ook op ‘n dieper vlak getref, omrede ons in finansies werk sien ons hoe besighede die impak van die inperking voel, ons sien hoe werkgewers hulle knieë flenters bid vir hulle maatskappye en werknemers, ons veg vir hulle in die finansiële kant en met instansies sodat hulle deur die inperking kan kom.
Maar ons staan steeds sterk, ons hou koppe bo water en waardeer ons band en liefde tussen mekaar soveel meer.
Besigheid naam: Business Web Office Park Adres:
231 Generaal Hertzog Weg, Drie Riviere
Besighede by die BW:
PDW Accountants
X-Celerant Business Partners
Loots Law
Madeleine Muller Brokers
Alle sakeondernemings is welkom om aan die wedstryd deel te neem. Inskrywings sluit op 20 Oktober 2020. Volg hierdie skakel om te sien hoe jy kan inskryf: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/74850/win-a-year-end-function-worth-r10-000-at-stonehaven/
