BusinessLocal newsNews

Covid-inperking: Vereeniging Trust se mense staan huurders én verhuurders by

"Ons HET dit oorleef maar mees belangrikste was dat ons ander mense so ver moontlik kon help (en steeds doen) om hul waardigheid te behou en sterker hierdeur te kom!"

Stonehaven-on-Vaal, in samewerking met Vaalweekblad en Ster, bied tans ‘n wedstryd vir Vaaldriehoekse sakeondernemings aan om te hoor watter planne hulle gemaak het om die Covid-19 inperking te hanteer, en hoe hulle sterker anderkant uitgekom het. Die wenner-onderneming gaan ‘n geskenkbewys van R10 000 ontvang wat vir ‘n jaareind-partytjie OF ‘n 2021 Wegspring-partytjie by Stonehaven gebruik kan word! Hier is nog een van die inskrywings:

‘n Personeellid van Vereeniging Trust (Pty) Ltd vertel hoe hulle tot dusver die Covid-19 inperking oorleef het:

Met ons rekenaars onder die arms is ons huis toe, BAIE onseker oor hoe ons hierdie “werk ding” van die huis af gaan hanteer…maar almal het dieselfde doel voor oë gehad…dat hiérdie virus ons NIE sal onderkry nie!

Vanaf Vrydagoggend, 27 Maart 2020, het alles waaraan ons gewoond was skielik tot stilstand gekom, maar werk moes aangaan en met elke oggend se motiverende “thought of the day” op ons “lockdown” whatsapp groep (dankie Mnr. Ramsden!) het ons elke dag volstoom aangepak! So tussen die “huiswerk” en “kantoorwerk” was daar nie meer die normale etensuur nie en soms was die lekker beker koffie eers “na ure” geniet aangesien die tyd nie so stiptelik dopgehou was soos altyd in die kantoor nie!

Ons besigheid, Vereeniging Trust (Pty) Ltd, is ‘n verhurings-eiendomsagentskap en ons hanteer bykans ALLES namens die “landlords”. Die eerste maand (April) was dit BAIE stil… selfs nie eers gebarste pype, geysers of dak lekke gehad nie…ALLES was letterlik in “lockdown” (LOL)  maar ons kliënte was bewus daarvan dat ons heeltyd beskikbaar was om te help indien nodig.

Ek kan met trots sê ALMAL het hul deel gedoen, met ons direkteur se leiding, en deur die moeilike tye waar mense swaar getrek het, het die “landlords” huurders tegemoet gekom en die huur verlaag (soms tot hul eie verlies)! Hierdie tipe van goedhartigheid het my vertroue in my medemens weer herstel en ek is BAIE dankbaar dat ek na baie jare by Vereeniging Trust kan sê ek was deel van hierdie stukkie “Covid” geskiedenis en ons maatskappy HET goed gedoen, ons HET dit oorleef maar mees belangrikste was dat ons ander mense so ver moontlik kon help (en steeds doen) om hul waardigheid te behou en sterker hierdeur te kom!

Baie dankie Mnr. Buttrick & al my kollegas, ek is BAIE trots om deel te kan wees van so ‘n WENspan!!!

Vereeniging Trust (Pty) Ltd
“The Property People”

Alle sakeondernemings is welkom om aan die wedstryd deel te neem. Inskrywings sluit op 20 Oktober 2020. Volg hierdie skakel om te sien hoe jy kan inskryf: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/74850/win-a-year-end-function-worth-r10-000-at-stonehaven/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button