NewsNews

Bid asseblief vir Marné

Marné Prinsloo is Maandag oggend baie ernstig beseer in ‘n motorongeluk by die kruising van Unie- en Kortstraat.

Sy is in ‘n kritiekte toestand eers per ambulans, en toe met  ‘n noodhelikopter na die Netcare Milpark-hospitaal se trauma-eenheid in Johannesburg vervoer met onder meer ernstige kopbeserings, bloeding op die brein en skade aan haar rugwerwels. Sy sal tot Vrydag onder sedasie gehou word  en is die volgende paar dae kritiek.

Die ongeluk het gisteroggend net na 08:00 gebeur. Marné was alleen in die motor toe haar voertuig  by die kruising die bakkie van Sybil Joubert getref het, en met die impak van die botsing teen ‘n boom tot stilstand gekom het. Sybil is nie in die ongeluk beseer nie.

Marné is die dogter van Henk en Rhona Prinsloo van Parys. Inwoners in die omgewing waar vanoggend se botsing gebeur het, sê hierdie is  die soveelste ernstige ongeluk by die kruising waar een van die stoptekens al vir langer as 6 jaar  sover hulle kan onthou, skitter in sy afwesigheid.

Die gat regs van die paal is waar die stopteken moes wees op die h/v Unie- en Kortstraat.

Danie Steenkamp wat gereeld in die omgewing stap, het aan Gazette gesê dat hy kwalik ‘n maand gelede die gevaar van die kruising onder die munisipaliteit se aandag gebring het. Een van sy bure was ongeveer 2 maande gelede ook by dié kruising in ‘n botsing betrokke, en was hyself  ooggetuie van ‘n noodvoertuig wat hier rakelings ‘n voertuig by die kruising gemis het. Gazette  het ‘n maand gelede berig oor die toestand van padtekens in Parys, waarvan sommige  nie meer leesbaar is nie, toegegroei of totaal afwesig. AfriForum Parys het wel  al verskeie padtekens op hul koste vervang, maar is dit nog net ‘n druppel in die emmer met padmerke wat naas die padtekens ook dringende aandag kort.

Die foto van ‘n woordelose padteken is ‘n maand gelede in Parys Gazette gepubliseer.

Dankie aan elkeen wat gisteroggend hulp op die botsingstoneel verleen  het en die familie ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button