News

Jong slimkop deur na landsfinaal

Hy is slaggereed vir die uitdaging wat einde vandeesmaand plaasvind.

VAALPARK – Shayne Weyers, ’n graad 5-leerder aan die Vaalpark Laerskool het ‘n kop vir somme. Dit is onlnags onderstreep toe hy derde in die Vrystaat met Mental Maths geëindig het en daarmee sy plek as een van die streekfinaliste in die Peregrine Capital 24SumMore Nasionale Eindronde bespreek het.

Die kompetisie toets leerders se vermoë om vier getalle met behulp van optel, aftrek, vermenigvuldiging en deling te kombineer om 24 te maak.

Shayne sal op 29 Oktober aan die nasionale eindronde by St Andrew’s School for Girls in Bedfordview in Johannesburg, deelneem. Die kompetisie is vir leerders in graad 4 tot 6.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button