CommunityLifestyleNews

Covid-inperking spoor Maranatha aan om nuwe deure te open

"Ons het op 3 Augustus 2020 amptelik ons deure oopgemaak en met 4 kinders begin. Vandag staan ons op 23 kinders en elkeen is baie spesiaal vir ons"

 Stonehaven-on-Vaal, in samewerking met Vaalweekblad en Ster, bied tans ‘n wedstryd vir Vaaldriehoekse sakeondernemings aan om te hoor watter planne hulle gemaak het om die Covid-19 inperking te hanteer, en hoe hulle sterker anderkant uitgekom het. Die wenner-onderneming gaan ‘n geskenkbewys van R10 000 ontvang wat vir ‘n jaareind-partytjie OF ‘n 2021 Wegspring-partytjie by Stonehaven gebruik kan word! Hier is nog een van die inskrywings:

Annette Visser van Maranatha Privaat Leer Sentrum vertel van hul aktiwiteite gedurende die Covid-19 inperking:

Maranatha Privaat Leer Sentrum is gedurende die 2020 COVID-19 pandemie deur ‘n wonderlike mens met die naam Rove Blignaut gestig. Waar almal toegemaak het, het sy God se opdrag aan haar gehoorsaam en die sentrum oopgemaak.

Rove is ‘n saggeaarde persoon met soveel liefde en passie vir ons kinders en haar visie is om vir kinders ‘n veilige omgewing te skep waar kinders weer kan droom. Wanneer kinders kan droom is hulle gemotiveerd om hulle kennis uit te leef en sodoende hulle drome te bereik.

Elke gebroke kindjie word weer heel hier by Maranatha, waar ons hoë gehalte onderwys by ‘n veilige, topstandaard perseel aanbied. Ons het op 3 Augustus 2020 amptelik ons deure oopgemaak en met 4 kinders begin. Vandag staan ons op 23 kinders en elkeen is baie spesiaal vir ons, en deur die tyd waardeur ons gaan, kan ons net vir God loof en prys dat ons nog ons deure wawyd oop kan hou vir elke ouer en kind.

* Maranatha beteken: GOD KOM.

Alle sakeondernemings is welkom om aan die wedstryd deel te neem. Inskrywings sluit op 20 Oktober 2020. Volg hierdie skakel om te sien hoe jy kan inskryf: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/74850/win-a-year-end-function-worth-r10-000-at-stonehaven/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button