BusinessLifestyleNewsSponsored

Goeiehoek Boeremark heropen 14 November 2020

Goeiehoek Boeremark mag op 14 November heropen   Die boervroue van Goeiehoek loop weer met breë glimlagte rond want op Saterdag, 14 November, mag hulle weer doen waarvoor hulle in die wieg gelê is: Om besoekers van heinde en ver te bederf met heerlike vars tuisgebak, konfyt, blatjang, smullekker plaaskos en ‘n wye verskeidenheid handgemaakte …

Goeiehoek Boeremark mag op 14 November heropen

 

Die boervroue van Goeiehoek loop weer met breë glimlagte rond want op Saterdag, 14 November, mag hulle weer doen waarvoor hulle in die wieg gelê is: Om besoekers van heinde en ver te bederf met heerlike vars tuisgebak, konfyt, blatjang, smullekker plaaskos en ‘n wye verskeidenheid handgemaakte artikels.

Dit alles en veel meer gaan beskikbaar wees by die Goeiehoek Kontreimark, wat op 14 November hervat word!

As jy moeg geloop is nadat jy die talle stalletjies op die plaas Bosrand van nader beskou het, kan jy lekker uitspan by die kuier-teetuin, of smul aan pap-en-kaiings. Of wat van ‘n bord afval soos wat net ‘n boervrou dit kan voorberei?

Bring genoeg geld saam want daar gaan ook lieflike kunswerke, juwele en oudhede te koop wees – of kom skaf sommer jou Kersfeesgeskenke hier aan!

Vir diegene met hope energie is daar weer die gewilde bergfietsfwedren oor 50, 30 of 120 kilometer. Besoek www.cycleevents.co.za of skakel 083 460 9338 vir meer inligting.

Hoe om by die Goeiehoek Kontreikmark te kom: Neem die R42 Vereeniging/Heidelberg by 4Way Motors vanuit Drie Riviere. Draai rigting Goeiehoek by Meyerton/Goeiehoek-kruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in syaansluiting – rigting Goeiehoek. Die plaas Bosrand waar die boeremark gehou word, is die eerste plaas op linkerkant ná die syaansluiting. Koördinate: GPS: S26°38’58.1  E28°06’50.0 of vind Goeiehoek Kontreimark op Google Maps.

Kontak Annatjie by 083 541 9908 vir enige navrae oor die markdag.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button