NewsNews

Antwoorde steeds gesoek na raaisel-moord op dokter

VEREENIGING. - Twee maande nadat ’n dokter van Vereeniging in sy huis in Drie Riviere-Oos doodgeskiet is, soek die polisie steeds na leidrade wat kan help om hierdie raaiselmoord op te los.

Kapt. Fikile Funda, ’n woordvoerder van die polisie in Vereeniging, het by navraag bevestig dat die polisie nog besig is om die moord van Dr. Seabata Motloi, ’n bekende internis van Vereeniging, te ondersoek en dat daar tot dusver nog niemand in verband met die moord in hegtenis geneem is nie.


Motloi is Maandag, 17 Augustus dood in sy huis in Fish Eaglestraat in Drie Riviere-Oos aangetref. Volgens ’n polisieverklaring wat destyds in verband met die moord uitgereik is, is Dr. Motloi in ’n sittende posisie teen die muur van sy slaapkamer aangetref met beserings aan sy voorkop. Daar was glo bloed op die bed, op die vloer en op die vloer wat na die badkamer lei.
Die polisie het ’n moorddossier geopen.
Enige iemand met inligting kan die Vereeniging-polisie by (016) 450 2263 of (016) 450 2517, of die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 of ’n SMS na 32211 stuur. Inligting word streng vertroulik hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button