NewsNews

Radioloog sterf na beroerte

VEREENIGING. - ’n Bekende radioloog en NG Kerk-lidmaat, dr. Pierre Malan, is Woensdagaand, 14 Oktober dood nadat hy ‘n beroerte gehad het.

Die NG Kerk Drie Riviere-Oos het dr. Malan in ’n plasing op Facebook as ’n “geliefde lidmaat en vriend” beskryf en gesê dat hy gemis sal word. Dr. Malan sal onthou word as radioloog maar ook vir sy betrokkenheid by die NG Kerk.

Hy was eers ’n lidmaat van die NG Kerk in Peacehaven, het later oorgegaan na die NG Kerk Drie Riviere en was die laaste paar jaar ’n lidmaat van die NG Kerk Drie Riviere-Oos. Hy was die afgelope paar jaar ’n inwoner van die Palms Aftreeoord in Drie Riviere. ’n Gedenkdiens is Maandag, 19 Oktober vanuit die NG Kerk Drie Riviere-Oos vir dr. Malan gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Fernanda en kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button