BusinessLifestyleNews

The Village Inn Restaurant, Pub and Grill – Heerlike Gesinsvermaak

Kom maak kennis met The Village Inn Restaurant, Pub & Grill in Island Road 7 as jy op soek is na vrolike, veilige naweekvermaak. Dit is gesinsvriendelik,so bring vir oupa, ouma en die kleingoed saam! Ongelukkig mag jy nie jou eie drank saambring nie, maar The Village Inn se pryse is so billik dat dit …

Kom maak kennis met The Village Inn Restaurant, Pub & Grill in Island Road 7 as jy op soek is na vrolike, veilige naweekvermaak. Dit is gesinsvriendelik,so bring vir oupa, ouma en die kleingoed saam! Ongelukkig mag jy nie jou eie drank saambring nie, maar The Village Inn se pryse is so billik dat dit nie saak maak nie.  In die volgende paar maande gaan daar ook vuurwarm musikale aksie wees:

* Saterdag, 31 Oktober van 18:00 tot 22:00 tree Blackie Swart op.   

* Sondag, 1 November van 13:00 tot 17:00 is dit Touch of Class se beurt.

* Sondag, 29 November is Manie Jackson van 14:00 tot 19:00 agter die mikrofoon.

* Oujaarsaand, 31 Desember, wag hier ‘n moeder van ‘n partytjie saam met Gerrit Woest. Dit begin 17:00 en gaan aanhou tot middernag om die nuwe jaar te verwelkom!

Toegang vir die events is heeltemal gratis, maar jy kan vooraf bespreek teen R100 per persoon om seker te maak jy kry sitplek by ‘n tafel. Die R100-besprekingsfooi word agterna afgetrek van jou kos- en drankrekening.

Kontak Billy Venter, The Village Inn se eienaar, by 083 253 3000 en bespreek nou al vir enige van hierdie vertonings.

KICK IT PROMO MUSIC ENTERTAINMENT is verantwoordelik vir die reëlings met die musiekkunstenaars. Kontak hulle by 071 184 7566 vir meeer inligting.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button