Ek weet elke persoon het sy eie opinie hieroor en dit is ons reg, want ek sê altyd: “Each to his own”.
Dit gaan egter my verstand te bowe dat mense dink met vlak 1 is die Covid-19 virus ook sommer weg! Die hordes foto’s oral van mense wat partytjies hou, kuiers en funksies, getuig hiervan.

Geen maskers en social distancing nie! Mense wat mekaar druk, handskud en kelners se maskers wat onder hul kenne hang en geen contact tracing naamlyste nie. Een ding is seker, ‘n tweede golf Covid is op ons voorstoep! Ek weet almal is moeg en het weens die pandemie groot verliese gehad, maar moet tog nie so domastrant en onverantwoordelik wees nie!
Los dit maar vir my om my masker te dra, my hande stukkend te sanitize en alles wat ek koop ook te sanitize! Mense glo steeds nie hulle kan A-simptomaties wees nie! Ek dra my masker nie net vir my nie, maar vir jou ook! Respek vir almal en almal se opinies!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
