Local newsNewsNews

Nuwe fotograwe wys hul foto’s

Die fotoblad spog vandag met drie nuwe fotograwe wat vir die eerste keer van hul foto's op die blad deel: Franco Fourie en Ester Potgieter is albei van Vanderbijlpark, en Jean Coetzee is van Meyerton.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 23ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (4 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Franco Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto by die Rietspruit geneem.
Ester Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige foto van ‘n Bethlehem Sterblom op ‘n kleinhoewe geneem. Dit blom glo net vir een dag tussen Oktober en November.
Jean Coetzee van Meyerton het Sondag hierdie besondere sonsondergang foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto uit ‘n vliegtuig geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi silhouette sonsondergang foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto van ‘n murasie geneem.
Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi matriekafskeidfoto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging, het die foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Huibrecht Henning het die pragtige foto op ‘n plaas in Henley on Klip geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jan Putter van Vaalpark het die mooi foto van ‘n jong duifie wat vir die eerste keer probeer vlieg geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Jo-lene Booyens van Meyerton het die mooi foto geneem.
June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto naby Anserall in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Loren Wolmarans van Benoni het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button