Local newsNewsNewsBreaking News

Polisie vra roofslagoffers om na vore te kom

VEREENIGING. – Die polisie glo dat twee verdagtes wat Dinsdag na ’n mislukte rooftog by ’n huis in Planestraat in hegtenis geneem is deel is van ’n georganiseerde misdaadsindikaat wat al ’n geruime tyd ’n skrikbewind in Drie Riviere en Risiville voer. Die verdagtes het Dinsdagmiddag hul rieme styfgeloop toe hulle inwoners van Planestraat probeer …

VEREENIGING. – Die polisie glo dat twee verdagtes wat Dinsdag na ’n mislukte rooftog by ’n huis in Planestraat in hegtenis geneem is deel is van ’n georganiseerde misdaadsindikaat wat al ’n geruime tyd ’n skrikbewind in Drie Riviere en Risiville voer.

Die verdagtes het Dinsdagmiddag hul rieme styfgeloop toe hulle inwoners van Planestraat probeer beroof het.

Danksy die Public Eye Vaal anti-misdaadgemeenskapsinisiatief kon veiligheidswagte en die polisie blitsig ontbied word.
Boodskappe is op ’n WhatsApp-forum geplaas waarna talle mense die slagoffers te hulp kon gesnel het.
Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ’n groen Uno wat deur die verdagtes gebruik is.

Skroewedraaiers, tange en draadknippers is in die verdagtes se besit gevind, sowel as gesteelde skoene en twee pangas.

Vereeniging se stasiekommissaris brig. Sonja Slabbert het lede van die gemeenskap wat hande gevat het en gehelp het om misdaad te voorkom bedank.

Mense met inligting kan kan die polisiestasie op die hoek van Voortrekker en Stanleystraat in Vereeniging se middestad besoek of die polisie by (016) 450 2262 skakel.

‘n Paar van die items wat in die verdagtes se besit gevind is. Foto: Verskaf
Een van twee verdagtes word ondervra oor sy beweerde aandeel in ‘n rooftog in planestraat. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button