Local newsNewsNews
Stormwind maak amok in Vanderbijlpark
VANDERBIJLPARK. – Die skielike atormwind wat die dorp verlede week getref het, het vir grootskaalse konsternasie gesorg.
Inwoners van die dorp is verlede Woensdagmiddag onkant gevang toe daar ‘n baie sterk wind opgesteek het en op verskeie plekke in die dorp en selfs die omliggende kleinhoewes skade aangerig het.

Behalwe dat verskeie dakke deurgeloop het, alles rondgewaai is (selfs ‘n trampolien is uit ‘n erf tot in Frikkie Meyer-boulevard gewaai) en verskeie bome ontwortel is, het die sterk wind ook kragpale omgewaai wat die dorp vir ‘n wyle sonder krag gelaat het.

Die elektrisiteit kon gelukkig weer minder as ‘n uur later herstel word.
In Fordstraat, CW6 is bome omgewaai en een het selfs op ‘n heining beland. Gelukkig het die straat se inwoners self hand en besem bygesit om alles op te ruim.

Lizélle Wilkinson, ‘n onderwyseres van Vaal Triangle Academy, het foto’s ingestuur en gesê almal in Fordstraat het help skoonmaak.
Wys jou net wat spanwerk kan vermag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
