Local newsNewsNewsBreaking News
KYK: Visvrektes in Vaalrivier
VEREENIGING. – Meeste mense weet reeds hoe vuil die Vaalrivier is, nou het ’n nuwe video wat op sosiale media versprei word opnuut die kollig op die probleem geplaas. Die video wat deur ‘n inwoner geneem is wys hoe verskeie dooie visse in die besoedelde Vaalrivier ronddryf. Volgens ‘n stemnota wat saam met die video …
VEREENIGING. – Meeste mense weet reeds hoe vuil die Vaalrivier is, nou het ’n nuwe video wat op sosiale media versprei word opnuut die kollig op die probleem geplaas.
Die video wat deur ‘n inwoner geneem is wys hoe verskeie dooie visse in die besoedelde Vaalrivier ronddryf.
Volgens ‘n stemnota wat saam met die video aangestuur word is die video op 10:10 op Vrydag 6 November langs die Vaalrivier geneem.
Daar is onlangs aangekondig dat miljarde rande bestee sal word om die Vaal se rioolprobleme uit te sorteer.
Die hulp kan nie gou genoeg kom nie.
Kyk video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
