Local newsNewsNews

Prag-foto’s om naweek af te skop

Daarsy, die week is so te sê verby en hoe beter as om die naweek met pragtige foto's in te wy. Die groep verwelkom ook vir Jennefer van der Westhuizen van Vanderbijlpark en Karien Neveling van Vereeniging wat hul eerste foto's op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.). Die 23ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (4 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Jennefer van der Westhuizen van Vanderbijlpark het die pragtige foto in Heroldsbaai geneem.
Karien Neveling van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Peet Schabort van Deneysville het die treffende foto met sonsondergang geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die oulike foto geneem.
Mariaan du Preez het die besondere foto op haar kleinhoewe net buite Vereeniging geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto met die interessante wolkformasie geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die kunstige foto geneem.
Jean Coetzee van Meyerton het Sondag hierdie besondere sonsondergang foto geneem.
Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto tydens een van die Swart Maandag optogte teen plaasmoorde geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
“Mother to be” – Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem.
Ester Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige foto van ‘n Bethlehem Sterblom op ‘n kleinhoewe geneem. Dit blom glo net vir een dag tussen Oktober en November.
Die kunstige Johan van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige “composite” foto geneem.
June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto naby Anserall in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van die veldlelies geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Loren Wolmarans van Benoni het die mooi foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.
“Giant pill bug” – Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto in Mtunzini geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button