Local newsNewsNews

Tiener se treffende foto!

Vandag se hooffoto is 'n treffer en is geneem deur die 13-jarige Buané Cordier van Vanderbijlpark. Sy het die foto Donderdag naby die Laerskool Vaalrivier net buite die dorp geneem toe 'n storm begin opsteek het. Geniet vandag se puik foto-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 23ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (4 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Albertus Kriel van Vereeniging het die oulike foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto tydens een van die Swart Maandag optogte teen plaasmoorde geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die foto in Pretoria geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van ‘n Swartkopreier geneem.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die mooi foto in Hogsback geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Loren Wolmarans van Benoni het die oulike foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Mariaan du Preez het die besondere foto op haar kleinhoewe net buite Vereeniging geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van ‘n geel lelie geneem.
“Giant pill bug” – Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto in Mtunzini geneem.
“Langstertlaksman” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die kunstige foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Sonja Hollander van Kempton Park het die mooi foto geneem.
Die 17-jarige Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi matriekafskeidfoto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button