KYK: Inwoners ruk op na burgemeester se woning
VANDERBIJLPARK. – ’n Groot groep ontstoke inwoners het Sondagaand by die Riverspray-woonkompleks in Vanderbijlpark opgedaag en aangedring om met die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, eerw. Gift Moerane te praat. Dit volg nadat die burgemeester se adres glo op ‘n WhatsApp-groep geplaas is. Die inwoners is blykbaar van Sonlandpark en Falcon Ridge en sit …
VANDERBIJLPARK. – ’n Groot groep ontstoke inwoners het Sondagaand by die Riverspray-woonkompleks in Vanderbijlpark opgedaag en aangedring om met die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, eerw. Gift Moerane te praat.

Dit volg nadat die burgemeester se adres glo op ‘n WhatsApp-groep geplaas is.
Die inwoners is blykbaar van Sonlandpark en Falcon Ridge en sit glo al vir dae lank sonder elektrisiteit. Dit is egter nie die eerste keer wat die buurt sonder krag sit nie. Dit gebeur gereeld en inwoners het nou genoeg gehad.
Vaalweekblad se verslaggewer Lazarus Dithagiso was op die toneel. Volgens hom was daar ‘n polisie teenwoordigheid en is daar vir ‘n ruk lank vir die burgemeestrskomiteelid vir infrastruktuur gewag om die mense toe te spreek.
Die burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur het toe later onderneem om 17:00 Maandag met inwoners in Falcon Ridge te vergader.Inwoners het toe verdaag.
Kyk video hier:
