Local newsNewsNews

Sit terug en toer saam!

Daar is weer 'n goeie oes foto's van regoor die land, asook twee ander lande ontvang. Sit dus lekker terug en toer saam deur die foto's. Die blad verwelkom ook vir Gert Nel (oud-Valie) van Germiston en Tertius Engelbrecht van Meyerton wat vir die eerste keer foto's op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 24ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (11 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Tertius Engelbrecht, bevelvoerder van die Meyerton Brandweer, het die mooi foto van die brandweerstasie geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die mooi foto van ‘n Swarteend op Otterbrug se dam geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die Jakaranda’s in Turffontein geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Michelle Hart van Sasolburg het die treffende foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto an die zebra wat in ‘n ry loop by die Ecopark in Vaalpark geneem.
“Toronto skyline” – Loren Wolmarans van Benoni het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto by die hawe geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die afgelope naweek in Parys gaan kuier die pragtige foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi aksie foto die afgelope naweek in Pretoria by die “Radio Flyers – SAMJA Jet Weekend” geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto met droomagtige kleure geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto op ‘n staproete geneem.
Danie Mohr van Meyerton het die mooi aksie foto geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, hou tans vakansie in Umhlanga en het die foto geneem om ons lus te maak vir roomys én vakansie.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button