Local newsNewsNews
Studentevlieënier lig beseer na vliegtuig neerstort
VEREENIGING. – ’n Studentevlieënier het Woensdagaand, 28 Oktober wonderbaarlik aan die dood ontkom toe hy beheer oor ‘n Cessna 172-vliegtuig verloor het en die vliegtuig naby die Vereeniging-vliegveld neergestort het.
Hoewel die vliegtuig beskadig is, het die vlieënier blykbaar slegs geringe beserings opgedoen.
Volgens Kabelo Ledwaba, ‘n woordvoerder vir die burgerlugvaartowerheid, was dit die vliegstudent se eerste solo- vlug.

“Die eerste landing en opstyg (“touch-and-go”) was suksesvol en sonder voorval. Die tweede landing het egter skeefgeloop.” Volgens Ledwaba ondersoek die burgerlugvaartowerheid die oorsaak van die ongeluk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
