Dit reën heerlik in Vanderbijlpark en al wat dit nog beter kan maak is natuurlik die fotograwe se pragtige versameling. Die groep verwelkom ook vir Melvin Ketshem van Oudtshoorn en Desiree Nienaber van Vanderbijlpark wat hul eerste foto's deel.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die skitterende foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 24ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (11 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Melvin Ketshem van Oudtshoorn het die foto van die Outeniekwa Berg in George geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi natuurfoto geneem.Gert Nel van Germiston (oud-Valie) het die pragtige foto in Coligny geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem.Bennie Hennie van Germiston het die mooi foto by die Pretoria Radio Flyers se SAMJA Jet naweek geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die interessante foto van ‘n vervalle woning geneem.Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto onlangs tydens een van die Swart Maandag protesoptogte teen plaasmoorde geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die oulike foto van homself en sy geliefde Kerry geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n vriendin se oulike viervoetkind geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die mooi foto van ‘n Swartkopreier by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).“Joepsie” – Desiree Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar kattekind geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.“Badtyd” – Loren Wolmarans van Benoni het die oulike foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van reguit pad tussen Reitz en Bethlehem geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za