Die passievolle fotograwe het vandag weer 'n versameling uit die boonste rakke opgedis. Die blad spog ook met twee nuwe dames, Rika van der Walt van Ellisras en die 13-jarige Alethea Visser van Vanderbijlpark, wat vir die eerste keer foto's op die blad deel.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die oulike foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 24ste fotoblad het in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (11 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto van haar viervoetkind Kira geneem.Alethea Visser van Vanderbijlpark, net 13 jaar oud, is mal daaroor om foto’s te neem en het die mooi foto van die gesin se Jack Russell (Snoekie) op hul kleinhoewe geneem.“Ritmiese Gimnastiek” – Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Die kunstige Gert Nel van Germiston het die pragtige monochroom foto by Stonehaven on Vaal geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Loren Wolmarans van Benoni het die oulike foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto op Thomsonstrand in Ballito geneem.Nico Holtzkamp van Vereeniging het die pragtige foto geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.Sarie Liebenberg van Vaalpark het verlede week die foto van die dreigende storm wat die Vaal getref het geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto in Parys geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die pragtige foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die puik aksiefoto by die Parys 400 geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto onlangs tydens een van die Swart Maandag protesoptogte teen plaasmoorde geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za