Vaalweekblad is baie trots om vandag 'n besondere kunstige versameling te kan deel danksy die puik fotograwe. Die blad spog ook met matriekleerling, Rigard Nel (oud-Valie) van Stellenbosch, wat vandag vir die eerste keer 'n foto op die blad deel.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 24ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (11 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.“Nuwe Lewe” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.Matriekleerling Rigard Nel (oud-Valie) van Stellenbosch het die kunstige foto geneem.Die kunstige Gert Nel van Germiston het die mooi monochroom foto in die Kaap geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi sonsondergang foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi landskapfoto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die portretfoto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n roos geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto naby Anserall in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi monochroom foto geneem.Loren Wolmarans van Benoni het die mooi foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto van ‘n boom geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za