Local newsNewsNews

Pragtige Franzé is nuwe Mej. Vaal

VANDERBIJLPARK. - Die pragtige blondekop, Franze Janse van Rensburg is Saterdagaand (7 November)  by die Emerald Hotel as die nuwe Mej. Vaal 2021 gekroon. Onder die hane was dit die aantreklike Werner Volschenk wat met die titel weggestap het.

Die Vaal Pageant se tema vanjaar was: “We Rise by Lifting Others”.
“Dit was ‘n groot sukses en daar is verskeie persone wat hiervoor bedank moet word,” het Erika Breytenbach, eienares van Models Unlimted en organiseerder van die gesogte kompetisie gesê.
Sy bedank in besonder vir Nicolene Venter, Suryn van der Merwe, Megan Pistorius (hoof van die bemarking) en gasheer Dave Hammond van IFM 102.2 FM vir die fantastiese werk wat hulle gedoen het. Sy het ook die gaskunstenaars, Sean Miles en Ricky Faber, bedank vir hul vertonings, asook vir Magico vir hulle puik diens en bystand deur die aand. Laaste maar nie die minste het sy die borge en die beoordelaars bedank sonder wie die hele geleentheid nie moontlik sou wees nie.

Die wenners in die onderskeie Vaal Pageant-kategorieë is:

Mej. Vaal 2021
Wenner: Franze Janse van Rensburg
1st naaswenner: Chantelize van den Berg
2de naaswenner: Chantel Swart
Publieke keuse: Chantel Swart

Mnr. Vaal 2021
Wenner: Werner Volschenk
1ste naaswenner: Motlatsi J Kopa
2de naaswenner: Stefan van der Merwe
Publieke keuse: Werner Volschenk

Mev. Vaal 2021
Wenner: Thando Morabe
1ste naaswenner: Mariskia Smit
2de naaswenner: Monique Taylor
Publieke keuse: Monique Taylor

Mej. Teen Vaal 2021
Wenner: Abigail van Niekerk
1st naaswenner: Simone Egen
2de naaswenner: Palesa Mofokeng
Publieke keuse: Valmarie Volschenk

Mnr. Teen Vaal 2021
Wenner: Riekerd Bornman
1ste naaswenner: Dillan de Pavia
2de naaswenner: Marjuan Pienaar
Publieke keuse: Dillan de Paiva

Mej. Petite Vaal 2021
Wenner: Tanita de Gouveia
1ste naaswenner: Bonolo Sue Moloi
2de naaswenner: Meagan Rielander
Publieke keuse: Allaurah Taylor

Mnr. Petite Vaal 2021
Wenner: Wynand Bezuidenhout
1ste naaswenner: Nathan Taylor
2de naaswenner: Zandry Deale
Publieke keuse: Dyne Mulder

Franzé Janse van Rensburg is Saterdagaand (7 November)  by die Emerald Hotel as die nuwe Mej. Vaal 2021 gekroon.
Werner Volschenk is die nuwe Mnr. Vaal 2021.
Nog van die pragtige finaliste tydens die glans geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button