Die kunstige fotograwe bied vandag weer 'n wye verskeidenheid foto's aan. Lesers word 'n heerlike naweek toegewens ... en fotograwe: "please keep on clicking".
Rico Bester van Kempton Park het die besondere foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 24ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (11 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Jacqeline Els Meyerton het die mooi foto geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit het die mooi foto van Elandré by die Kierieklapper Kunstefees geneem.Rika Schoeman van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van die interessante wolkpatroon by Brenton on Sea geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die oulike matriekafskeidfoto geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.Gert Nel van Germiston het die mooi foto op ‘n jagplaas in die Vrystaat geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto naby Anserall in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kerry-Anne Linn het die mooi foto van Edwin Haasbroek geneem. Hulle altwee is van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom.June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.Loren Wolmarans van Benoni het die oulike foto van Baloo geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.Magda Grebe van Vanderbijlpark het die oulike foto van haar kleindogter, Amoré Jacobs van Vereeniging ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za