Local newsNewsNews

Fotoblad: Geniet net jou stokperdjie!

Fotografie is beslis 'n stokperdjie vir jong en oud, amateurs en gevorderde fotograwe ... solank jy dit geniet. Vandag spog ons met pragtige kunswerke op die blad, asook twee nuwe fotograwe: die 10-jarige Melandri du Plessis van Vaalpark en Anuske Prinsloo van Heidelberg.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 25ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (18 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

“Essence of the Bushveld” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.
Anuske Prinsloo van Heidelberg het die pratige sonsondergang foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Gert Nel van Germiston het die mooi foto in Clarence geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi natuurfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
“Dis lekker by oupa” – Die 10-jarige Melandri du Plessis van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button