Local newsNewsNews

Fotograwe begin week op hoë noot

Die fotograwe skop vandag die week op 'n hoë noot af - geniet die puik versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 25ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (18 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die mooi foto in Coligny geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.
“Stof, Son…Siel” – Pieter Moolman van Naboomspruit, nog een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Huibrecht Henning van Henley-on-Klip het die mooi foto in die bosveld naby Marken geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi landskapfoto geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto naby Anserall in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi landskapfoto geneem.
Mariana du Preez van Vereeniging het die besondere besie opgemerk en afgeneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die skattige foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige natuurfoto met diep kleure geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Anuske Prinsloo van Vanderbijlpark het die pratige sonsondergang foto in Heidelberg geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die sonsondergang foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button