Local newsNewsNews

Drie nuwe fotograwe wys hul foto’s

Vaalweekblad spog vandag nie net met 'n puik foto-oes nie, maar oor met drie nuwe fotograwe wat vir die eerste keer foto's op die blad deel. Hulle is: Nadine Meyntjes van Vanderbijlpark, Mindo Gouveia van Meyerton en Ria Pieterse van Vereeniging.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 25ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (18 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die besondere foto in Lahore geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige argitektuur foto geneem.
Nadine Meyntjes van Vanderbijlpark het die pragtige foto van haar kat Snowie geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die pragtige foto geneem.
“Eye of the Tiger”- Ria Pieterse van Vereeniging het die treffende foto in die Krugerwildtuin  naby Punda Maria-kamp geneem. Dit is die eerste foto was Ria op die blad deel.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n uitstappie in hul woonbuurt geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi monochroom foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Mindo Gouveia from Meyerton took this lovely photo of the sun setting after heavy rains on 1 November in Meyerton.
Monica Warren van Richardsbaai het die oulike foto geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit, nog een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button