Local newsNewsNews

Fiks en gesonde Vossie sterf aan hartaanval

VANDERBIJLPARK. - ‘n Bekende in plaaslike gesondheidskringe, Michael Vosloo (Vossie) het onlangs onverwags aan ‘n hartaanval gesterf in die ouderdom van 69 jaar. Hy was fiks en gesond en sy dood het onverwags en veels te vroeg sy geliefdes in rou gedompel.

Michael, sy vrou Magda en hul twee seuns het vir jare in Vanderbijlpark gewoon. Hulle het as egpaar naam gemaak in liggaamsboukringe en het in verskeie nasionale kompetisies deelgeneem en spog met ‘n rits titels agter hul name.

Michael was Donderdag, 5 November fluks op sy plaas in die Parys/Vredefort koepel-distrik aan die werk toe hy ’n hartaanval gehad het. Vossie het vroeër jare by die destydse Yskor (ArcelorMittal) gewerk, maar het later diep spore in plaaslike gesonheidskringe getrap as die eienaar van River Side Health Hydro in Vanderbijlpark.

Hy laat sy vrou Magda, sy twee seuns Michael en Henning, twee skoondogters Maria en Elmarie, asook vier kleinseuns, Michael (Vosman), Marco, Zander en Alex agter. Sy roudiens is reeds op 14 November in Vredefort gehou.

  • ‘n Meer volledige berig verskyn in Woensdag se Vaalweekblad.
    Wyle Michael Vosloo (Vossie) wat onlangs aan ‘n hartaanval gesterf het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button